SARIE MARIAS

 

My Sarie Marias is so ver van my hart,
Maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.

Refrein:

O bring my trug na die ou transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
Daarvonder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Marias

Ek was so bang dat die kakies my sou vang,
En ver oor die see wegstuur ;
Toe vlug ek na die kant van die Upingtonse sand
Daar onder langs die grootrivier
Refrein : O bring my...

Die Kakies is mod net soos'n krokodillepes,
Hul sleep jou altyd watertoe.
Hulle gooi jou op 'n skip vir'n lange, lange, « trip, »
Die josie weet waarna toe.
Refrein : O bring my...

Verlossing het gekom en die huistoe gaan was daar,
Trug na die ou Transvaal ;
My liewelingspersoon sal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon.
Refrein : O bring my...